NewsNews

Skelm ‘pastoor’ vra geld om skenking af te lewer

"Hierdie gewetenlose skelms gebruik enige persoon en enige instansie om geld op 'n oneerlike manier te bekom," sê Elizma

Die Kers- en Nuwejaarsvakansie bring tradisioneel hope vreugde en vrede, maar dit blyk dat kansvatters en swendelaars selfs in dié gemoedelike tyd aktief gebly het!

Me. Elizma Janse van Rensburg, wat by Christelike bediening in die Vaaldriehoek betrokke is, laat weet dat ene “Pastoor Mark” haar gedurende die Kerstyd uit die bloute gekontak het. Hy het gesê hy is bewus van haar organisasie se bediening en wou graag ‘n skenking doen om sodoende die gemeenskap te help.

“Omrede ons nie kospakkies gee nie, beveel ek ‘Pastoor Mark’ toe aan om Lewensoord Kruispaaie in Meyerton te kontak. Ek weet daar woon meer as 100 mense  wat geen hulp van die staat kry nie en dat die nood daar groot is,” sê Elizma.

Hy kontak toe vir Sophia Stander, ‘n lid van die bestuur van Lewensoord Kruispaaie, en stuur foto’s van die berge voedsel wat hulle wil skenk. Toe dring ‘Pastoor Mark’ daarop aan dat R2 000 vir sy diesel-onkoste vooruit in sy rekening inbetaal moet word.

Lees die volledige berig op die webwerf van die Herald se susterskoerant Vaalweekblad hier:

Skelm ‘pastoor’ vra geld om skenking af te lewer | Vaalweekblad

Related Articles

Back to top button