NewsNewsSportSport

Dorado se hengelaars trek groot visse uit

Lede van die Dorado Skibootklub van Carletonville het die afgelope vakansie hul vaardigheid in Mosambiek se water gaan beproef en talle groot visse ingekatrol.

Volgens Jaco Hendriksz, een van die klub se sterre, het die Hendriksz en Wasserman-families, wat verskeie klublede en nasionale sterre insluit, van 10 tot 28 Desember by Lula’s Paradise Lodge naby Laisse in Mosambiek gaan hengel.
Jaco is self onlangs as kaptein van die Protea span gekies wat ons land in April by die wêreldkampioenskap Kaap Verdiese Eilande sal verteenwoordig. Die Hendriksze, op die boot Kit Kat, en die Wassermans, op die boot Real Passion, het verskeie groot visse ingekatrol.
Jannas Hendriksz het die grootste vis van die vakansie gevang toe hy ‘n barracuda van 27 kg boot toe gebring het. Hy het ook ‘n dorado van 9 kg ingekatrol.
Jaco het self ‘n barracuda van 21 kg gevang. Op Real Passion het Deon Wasserman, die 10-jarige Conraad Wasserman en Janes Wasserman barracudas van onderskeidelik 19 kg, 15 kg en 12 kg boot toe gebring.
Henry Gouws het op sy beurt ‘n “great barracuda” van 15 kg gevang.
Klein Brian Wesserman, wat maar in graad 1 is, het ‘n dorado van 8 kg gevang. Volgens Jaco is die volgende groot byeenkoms wat Dorado Skibootklub gaan aanbied, ‘n interprovinsiale drie-in-een hengelkompetisie in Maart by Sodwana. Klubs sal ook tydens dié kragmeting kan meeding.

Jaco Hendriksz met sy barracuda van 21 kg.
Jannas Hendriksz met sy barracuda van 27 kg.
Henry Gouws met die “great barracuda” wat hy gevang het. Foto’s: Verskaf
Janes en Conraad Wasserman met die barracudas wat hulle uit die water getrek het.
Klein Brian Wasserman het die Dorado ingekatrol. Jaco Hendriksz help hom bietjie om die vis vir die foto vas te hou.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button