CommunityNewsNewsPhoto Galleries

SAVF se Kos-mos-niks help armes

Die SAVF se tweedehandse klerewinkel by die Deurgangshuis in Carletonville help behoeftige inwoners op verskeie maniere.

Volgens die Deurgangshuis se bestuurder, me. Rozelle Kietzmann, bied dié winkel, wat eers onlangs hernoem is, hulp aan talle behoeftiges wat dit by Talcstraat 14 besoek.
Die winkel bestaan al vir langer as vyf jaar en word deur skenkings aan die gang gehou.
Sy sê van die klere word aan behoeftiges gegee, terwyl ander inwoners dit ook vir ‘n appel en ‘n ei kan koop. Inwoners van die Deurgangshuis, waarvan baie vroue is wat as gevolg van huishoudelike geweld dakloos gelaat is, kry ook dikwels klere vir hulle en hul kinders uit die klere wat aan die winkel geskenk is.
Tot 30 Desember is al die klere in die winkel, solank daar voorraad is, teen R5 vir elk ‘n kledingstuk te koop, juis om behoeftiges te help. Daar is ook baie babaklere in die winkel te koop, sowel as juwele en onder meer breekware. Al die geld wat met die verkope van klere uit die winkel gemaak word, word gebruik om kospakkies vir behoeftige gesinne saam te stel.
Die publiek word ook uitgenooi om klere vir kinders en volwassenes sowel as breekware en meubels vir die winkel te skenk.
Die Kos-mos-niks gemeenskapswinkel is Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 16:00 en Saterdae van 10:00 tot 13:00 oop.
Inwoners wat skenkings wil maak of meer van die winkel of Deurgangshuis wil weet, kan die Deurgangshuis by (018) 788 2116 skakel.

 

Related Articles

Back to top button