CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Geloftefees in Carletonville

Inwoners van die omgewing wat graag volgende week ‘n Geloftefees wil bywoon, hoef nie vert e ry nie.

Die Carletonville Geloftefeeskomitee bied op 16 Desember ‘n Geloftefees op die terrein van die Afrikaanse Protestantse Kerk in Carletonville aan. Dié kerk is op die hoek van Uralite- en Kaolinstrate, maar die ingang is in Uralitestraat.
Die diens begin om 09:00 en word deur Dr Gawie Wolmarans van die Hervormde Kerk se Die Wilge-gemeente in Potchefstroom gelei.
Die fees se gasspreker is die oud-Parlementslid en prokureur, mnr Willie Spies.
Diegene wat die byeenkoms bywoon, sal maatreëls om die verspreiding van Covid-19 te keer, moet gehoorsaam.
Belangstellendes kan 076 589 7454 vir meer inligting bel, WhatsApp op SMS.

Related Articles

Back to top button