NewsNewsSportSport

Fochviller ‘n ster-skopbokser

‘n Lid van die Fochville XKT Skopboksklub het onlangs uitstekend tydens dié sport se nasionale kampioenskap presteer.

Volgens die klub se afrigter, Shihan Jaco Pretorius, het Sempei Dillon Kieser onlangs stof in die oë van ander vegters geskop.
Hy het as deel van die Wes-Gauteng span aan die SA Kampioenskap deelgeneem en drie goue medaljes verower. Hy is nou die 2021 SA kampioen in semi, light en kick light.
“Dillon is ‘n junior swart gordel vegter wat al baie jare by Fochville skopboks betrokke is. Hy het al sy protea kleure verwerf en is ‘n briljante vegter met uitstekende tegnieke,” sê Pretorius.
Hy sê die klub is baie trots op Dillon. Dié jong ster presteer ook op skool en tree ook in sy vrye tyd as sanger op.
Intussen het verskeie jonger lede van die klub ook tydens die onlangse Tiny Titans-kompetisie met medaljes weggestap.
Die tweede klas vegters het 13 medaljes ingepalm, terwyl die derde klas vegters ook 16 medaljes verower het.

Die tweede klas vegters wat aan die Tiny Titans-kompetisie deelgeneem het, het 13 medaljes huis toe gebring. Voor is Thiaan Badenhorst, Jayden Archer, Jaco Pretorius, Ruan Pretorius en Mieke Gerber. Agter is Shihan Jaco Pretorius. Inlas: Jan-Albert Erasmus.
Die derde klas vegters wat aan die Tiny Titans-kompetisie deelgeneem het, is voor Kgolagano Phakedi, Ayanda Mabuza en Juan de Toit. Agter is Jolene du Toit, JJ Jansen van Vuuren en Ayden Peach. Links is Shihan Jaco Pretorius.Foch

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button