CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Geloftefees by Suikerbosrand

Navrae kan gerig word aan Jakkie Jordaan (083 941 0286) of Lemont Kriel (084 511 4759).

VEREENIGING. – Daar gaan vanjaar weer lekker gekuier word by die Geloftefeesterrein by Suikerbosrand en almal wat in dié spesiale fees wil kom deel, is baie welkom.

Saterdag, 11 Desember gaan besoekers vanaf 15:00 lekker kuier om die braaivleisvure terwyl hulle na boeremusiek kan luister. Bring jul eie stoele, eetgerei en vleisie. Pap en sous sal voorsien word. Die Geloftefees vind Donderdag, 16 Desember op die terrein plaas.

Die verrigtinge begin om 10:15 na die perde-kommando se verbyrit en die knal van die kanon. ‘n Inleiding tot die preek, Geskiedenisbedding, sal dan deur die voorsitter van die Feeskomitee, mnr. Jorrie Jordaan, gelewer word. Die erediens sal gelei word deur ds. Simon Hibbert van die Gereformeerde Kerk Koster. Gratis gemmerbier sal beskikbaar wees, en koeldrank, water en kos sal teen billike pryse gekoop kan word. GPS koördinate vir die Suikerbosrand Feesterrein: 26°32 48.6”S / 28°16’48.7Ë. Navrae kan gerig word aan Jakkie Jordaan (083 941 0286) of Lemont Kriel (084 511 4759).

Related Articles

Back to top button