NewsNews

Gladiator skenk spesiale honde aan AfriForum

AfriForum se gemeenskaps patrolleerders het die afgelope week twee viervoetige helpers bygekry.

Volgens mnr. Eugene (Pottie) Potgieter van Gladiator Community Protection het hy onlangs begin voel dat die besigheid nie hul twee Duitse Herdershonde, die spesiaal opgeleide spoorsny-hond Haley en Duke, wat nog in opleiding is, genoeg gebruik nie.
“Die aanvraag vir hul dienste by ons is so min en indien hul vaardighede nie gebruik word nie, sal dit verlore gaan,” sê Potgieter.
Haley is veral ‘n ster-spoorsnyer wat al Potgieter se reuk vir kilometers by die Randse Skou gevolg het.
As gevolg hiervan het Gladiator die twee honde Saterdag aan AfriForum geskenk. Die skenking is gedoen as deel van ‘n spesiale dag wat Gladiator by President Hyper ten bate van die Carletonville Dierebeskermingsvereniging (DBV) gehou het.
Hulle woon nou by die voorsitter van AfriForum se Fochville-tak, mnr. Jaco van der Merwe, en sal in dié organisasie se aksies gebruik word om misdaad, veral plaasaanvalle en voorvalle van veediefstal in die omgewing te beperk.
Volgens dié organisasie se streeksbestuurder, mnr. Butch Blignaut, gaan die honde se vaardighede regoor die Wes-Rand aangewend word. “Ons is baie dankbaar vir die skenking. Hulle gaan ons baie help om misdaad regoor die area aan te spreek,” sê Blignaut.

Related Articles

Back to top button