NewsNews

Gesinne bid om Kersfees herenig te wees

Hulle hoop op Kersfees, maar as dit nie kan nie, sal dit al help as hul net 'n datum het. 'n Datum sal hul help om te kan beplan.

Adel Herbst, Lizelle Samons en Eckzurnia Filmalter van Vanderbijlpark gesels ‘n hond uit ‘n bos.

Op die oog af drie vriendinne aan’t kuier met koffie in die hand. Tot verlede jaar het die drie mekaar nie geken nie.

Al hul besittings ook. Die plan was dat die drie vroue en hul kinders in Maart verlede jaar ook Nieu-Seeland toe sou vlieg.

Maar kort voordat hulle sou vlieg, toe breek daar ‘n wêreldwye pandemie uit en landsgrense word gesluit.

Skielik was hul sonder mans en besittings gestrand in Suid-Afrika.

Die manne het intussen begin werk aan die anderkant en moes maar self huis opsit en die skeepshouers met besittings uitpak.

Die drie gesinne is nie die enigstes wat nou al byna twee jaar so verdeel is nie.

Lizelle skat daar is wêreldwyd nog sowat 700 sulke gesinne, waarvan oor die 300 gesinne in Suid-Afrika is. Dit is net om Nieu-Seeland toe te gaan.

“Ons is al lid van by die 30 sosiale media groepe waar mense mekaar ondersteun, raad uitdeel en die jongste verwikkelinge dophou,” vertel Adel.

“Van die mense het moedeloos geraak en die mans begin nou terugkom. Maar, ons kan nie. Ons mans is almal in hul 40’s, hulle sal nie weer werk hier kry nie. Ons moet net uithou.”

Lizelle beaam dit. “Dit is hartseer om te sien hoeveel mense op die groepe begin nou vra hoe hulle kan skei. Mense raak moedeloos, huwelike vou, maar ons oorleef deur op ons knieë te bly.”

Dis die nie-weet-nie wat almal vang.

“As ons net ‘n datum gehad het, dan kan mens planne maak, reëlings tref en weer moed skep,” sê Adel. “Maar ons moet positief bly, vir onsself en ons kinders.”

Lees die volledige berig van die Herald se susterskoerant Vaalweekblad hier:

Gesinne bid om Kersfees herenig te wees | Vaalweekblad

Related Articles

Back to top button