CommunityNewsNewsPhoto GalleriesSportSport

Jong ruiter is tops

‘n Jong ruiter van Carletonville hou nie net die dorp nie, maar ook haar skool se snaam hoog.

Klein Hannah-Mari van Wyk, wat maar net sewe jaar oud is, het op 8 en 9 Oktober by die AfriDome in Parys aan SANESA (die nasionale skole perdry beheerliggaam) se nasionale interskole kampioenskap deelgeneem. Sy was deel van Gauteng se A-span.
Hannah-Mari, ‘n leerder van Laerskool Dagbreek, het met haar perd Ventanas Supreme Cuppucino ‘n eerste plek in die Level 1 Stap Draf-klas behaal.

Sy het ook met haar perd Royal Heights Royal Supreme die Level 1 In Hand stap- klas verower. Hannah-Mari is as gevolg van haar prestasies as die top laerskoolruiter van die jaar aangewys. Sy het ook die Noble Equestrian Stables wisseltrofee ontvang.
Dié jong ster het ook ‘n totaal van 969 punte vir haar skool behaal.
Laerskool Dagbreek het die 10de plek behaal uit die 206 skole wat aan die kampioenskap deelgeneem het.
Hannah-Mari se ma, Joriana, voeg by dat die klein ster se afrigters, Johnny Nkhoko en Dalene de Beer, ook baie trots is op haar en dankbaar is dat al haar harde werk beloon word.

Hannah-Mari van Wyk in aksie op haar perd, Ventanas Supreme Cuppucino. Foto’s: Verskaf

Related Articles

Back to top button