NewsNewsSportSport

Merafong se stoeiers wys ander wie’s baas

Lede van Carletonville en Fochville se stoeiklubs het tydens dié sport se nasionale kampioenskappe presteer.

Agt stoeiers van ons omgewing was deel van die Noordwesspanne wat van 6 tot 9 Oktober aan die SA-Stoeikampioenskappe deelgeneem het. Die byeenkoms is in Pretoria gehou. Almal is lede van die Ratel Amateur Stoeiklub in Carletonville en Fochville Stoeiklub. Verskeie van die plaaslike stoeiers het medaljes ingepalm. Deandra Fraser het goud in die o.15 ouderdomsgroep sowel as ‘n silwer in die president skole kategorie huis toe gebring. Luque Pretorius het goud in die o.17 ouderdomsgroep en ‘n brons in die presidente junior-kategorie ingepalm. Katrien Havenga het op haar beurt goud in die o.10 ouderdomsgroep en brons in die presidente junior-kategorie gewen. Miga Pretorius het ‘n silwer in die o.15 ouderdomskategorie ingepalm terwyl Wynand Breytenbach ‘n silwer in die o.15 Greco Roman afdeling gewen het. Luque is ook gekies om van 3 tot 5 Desember aan die Statebond Stoeikampioenskap deel te neem. Indien sy hier presteer, kan sy na die Statebondspele wat volgens jaar in Engeland gehou word, deurdring. Van die plaaslike stoeiers was ook deel van die Noordwes-span wat die Mpho Madi wisseltrofee vir senior vroue ingepalm het.

Related Articles

Back to top button