NewsNews

Motorfietsryer dood nadat hy kantspieëltjie van motor tref

‘n Motorfietsryer (55) is dood nadat hy die kantspieëltjie van ‘n motor getref, beheer verloor en teen die padversperring op die R53 gebots het.

‘n Motorfietsryer (55) is dood nadat hy die kantspieëltjie van ‘n motor getref, beheer verloor en teen die padversperring op die R53 gebots het. Die ongeluk het gister laatmiddag (17 Oktober) tussen Potchefstroom en Parys plaasgevind.

Ross Campbell, mediawoordvoerder van ER24, sê paramedici van ER24 en die provinsiale nooddienste het om 18:10 op die ongelukstoneel aangekom. Hulle het die motorfietsryer langs die kant van die pad en sy motorfiets ongeveer 20 meter verder die veld in aangetref.

Volgens Campbell het die man geen tekens van lewe getoon nie en kon daar ongelukkig niks vir hom gedoen word nie. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die SAPD was op die toneel om verder ondersoek in te stel.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Motorfietsryer dood nadat hy kantspieëltjie van motor tref – Potchefstroom Herald

Related Articles

Back to top button