NewsNews

Virus gee dapper Dawie opnuut ‘n vuishou

En na elke terugslag ontdek hy nuwe talente in homself wat hom die energie gee om vorentoe te gaan

Die Vaaldriehoek is die tuiste van verskeie mense wat al die donker kant van die lewe ervaar het, maar wat keer-op-keer opstaan en ander met hul positiewe lewensuitkyk opbeur.

Dawie du Toit van Vereeniging is een van dié stille helde wat al herhaaldelik deur die lewe platgestamp is. Tog het dié 49-jarige gestremde man na elke terugslag nuwe talente in homself ontdek waarmee hy van vooraf kon woeker.

Dawie moes teësinnig aanvaar dat hy nie sou kon teruggaan skool toe nie. Sy weduwee-ma, mev. Rina Malan, het ook nie die finansies gehad om hom privaat te laat leer nie. Sy lewe was daarna vol struikelblokke en Dawie het ook met die wrede buitewêreld kennis gemaak.

“My ma het my eerste rekenaar vir my gekoop, waarop ek begin rondspeel het,” sê hy. Hy het ontdek dat hy ‘n vinnige begrip en talent vir die moderne tegnologie het. Danksy selfhelp-programme het hy homself as ‘n grafiese ontwerper opgelei en het probeer om werk in die formele sektor te kry. Hy het sy CV by meer as 200 sakeondernemings ingedien maar moes elke keer teleurgesteld hoor dat sy aansoek onsuksesvol was.

Weer het Dawie besluit dat as een deur toegaan, hy by ‘n volgende sou aanklop. Hy het met behulp van afstandonderrig begin studeer en sy BA-graad in Christelike berading deur Team Work International (‘n Amerikaanse opleidingsinstituut) sowel as ‘n diploma in natuurlike geneeskunde behaal. Danksy sy studie in vakke soos huweliksberading en die hantering van depressie, tesame met sy eie ervarings as gestremde, kon hy in sy geregistreerde praktyk ‘n simpatieke oor bied aan mense wat voel dat probleme hulle oorweldig.

“Ek is al deur soveel dinge in die lewe dat ek werklik kan connect met enige persoon met probleme. Omdat ek baie uitdagings self moes deurwerk, kan ek ander nou beter help en vertel hoe ek my uitdagings oorkom het. Ek het ‘n gawe in myself ontdek om veral met jongmense op hul eie vlak te kommunikeer. Ons click vinnig en hulle maak maklik oop teenoor my,” sê Dawie.

“Ek wil mense wat emosioneel stukkend is, help gesond maak,” is sy lewensvisie.

Ongelukkig is sy doelwit, om as berader ‘n beter wêreld vir jeugdiges saam met skole en kerke te help skep, tydelik van die baan. Hy moes sy beradingspraktyk tydelik sluit nadat hy vyf maande gelede Covid-19 opgedoen het. Sy gesondheid het sedertdien merkbaar versleg.

Lees die volledige berig in die Herald se susterskoerant Vaalweekblad hier:

Virus gee dapper Dawie opnuut ‘n vuishou – Vaalweekblad

Related Articles

Back to top button