NewsNews

Bekende polisielid sterf

‘n Oud-speurder van Carletonville wat deur die jare baie misdadigers aan die pen laat ry het, het die afgelope week sy stryd teen kanker verloor.

Sers. Johan Marais, alom bekend as “Bulletjie”, was vir jare ‘n lid van die polisie in Carletonville en het ook in die dorp grootgeword. Danksy uitstaande diens is hy in 2009 deur kollegas genomineer om deel van die spesiale provinsiale ondersoek-eenheid te word en het hy sy werk by dié eenheid in Johannesburg voortgesit. Johan en sy gesin het toe na Randfontein verhuis.
Volgens Johan vrou, Elizma, is hy twee jaar gelede met keelkanker gediagnoseer. Hy het weer in Augustus met ‘n derde reeks chemoterapie begin. Hy het met moed teen die siekte geveg en selfs in Junie vanjaar Covid-19 oorleef.
Johan, wat op 12 September 45 jaar oud geword het, het egter Vrydag, 8 Oktober sy stryd teen die siekte verloor. Hy laat sy vrou en seun, Tiaan, agter. ‘n Roudiens sal Donderdag vir familie gehou word.

Related Articles

Back to top button