NewsNews

Gru-moord op ‘hawelose’ vrou stuur skokgolwe deur Vosloopark-plakkersgemeenskap

Familie van vriende van Cindy van Niekerk, 'n vrou wat in Maart spoorloos verdwyn het, glo 'n lyk wat op Sondag 4 April 2021 in die Vaalrivier gevind is, is dié van hul geliefde Cindy.

Die polisie sê die lyk van ‘n vrou van ongeveer 1.6 meter en ongeveer 65 kg is naby die Vaalrivier-brug op die R59-snelweg in die water gevind.

Haar hande en voete was vasgebind, sy was kaal en daar was ‘n klein handdoek om haar kop gedraai.

Gedeeltes van die vrou se kop was kaal geskeer en sy het hoofbeserings gehad.

‘n Klein hoeveelheid water in haar longe dui daarop dat sy moontlik nog gelewe het toe sy in die water gegooi is.

Lees die volledige berig op die webwerf van die Herald se susterskoerant, die Vaalweekblad, hier:

Gru-moord op ‘hawelose’ vrou stuur skokgolwe deur Vosloopark-plakkersgemeenskap – Vaalweekblad

Related Articles

Back to top button