NewsNewsSportSport

Plaaslike stoeiers in provinsiale span

Stoeiers van Carletonville en Fochville het onlangs gewys dat hulle vir niemand hoef terug te staan nie.

Lede van die twee stoeiklubs in die omgewing, die Ratel Amateur Stoeiklub in Carletonville en die Fochville Stoeiklub, het hulle die afgelope seisoen goed van hul taak gekwyt. Agt stoeiers van die twee klubs het só goed presteer dat hulle vir die Noordwes-span gekies is. Dié span neem dié week, van 6 tot 9 Oktober, aan die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskap in Pretoria deel. Die klubs se afrigters, Gert Strydom en Johnny Rudolph, is ook gekies om deelnemers namens die provinsie by die nasionale kampioenskap by te staan.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button