NewsNewsSportSport

Plaaslike ruiter raap plekke op

‘n Ruiter van die Fochville-omgewing en haar perd het onlangs verskeie toekennings opgeraap.

Caelee Johnstone het van 22 September tot 25 September aan die Suid-Afrikaanse Friesperd-genootskap (FPSSA) se skou by die Afridome in Parys deelgeneem.
Caelee en haar perd Hektor van Dooringdraai, het skoonskip gemaak en deur die loop van die naweek drie eerste plekke in kampioenskap klasse opgeraap. Hulle het die kampioen driegang reun, die kampioen driegang kinderryperd vir ruiters van 10 tot 14 jaar en die kampioen senior reun in hand klasse gewen.
Caelee en Hektor het vir die Nasionale SANESA Saddleseat kampioenskap gekwalifiseer. Dié skole-kampioenskap word op 8 en 9 Oktober by die Afridome aangebied.
Caelee is die enigste ruiter uit die Wes-Rand wat haar vol Gauteng-kleure in die “saddleseat” afdeling verwerf het. Hulle gaan nou verder teen ander provinsiale wenners van regoor die land meeding. “Dié is ‘n ruiter en perd kombinasie wat beslis in die toekoms dopgehou moet word,” sê Caelee se ma, Amanda Johnstone, wat self ‘n kranige ruiter is en ook by die sport se administrasie betrokke is.

Related Articles

Back to top button