NewsNewsSportSport

Fochies skitter op die rugbyveld

Twee rugbyspelers van Laerskool Fochville het onlangs hul skool en dorp se naam hoog gehou.

Christiaan Botha, ‘n Graad 7-leerder van die skool, is onlangs as deel van die o.13 A Leeus Cravenweekspan gekies. Wat dié prestasie nóg meer besonders gemaak het, is dat Christiaan die Leeus-span in twee wedstryde teen die Bulle op Loftus as kaptein aangevoer het.
Hy het geskitter in die posisies as vasskop en losskop stut en het volgens die skool se woordvoerder, Jaco Pretorius, geen gelyke op die veld gehad nie.
“Laerskool Fochville is trots om ‘n speler in dié span te hê waaruit spelers van al die skole in Gauteng gekies word,” sê Pretorius.
Intussen is nóg ‘n Gr 7-leerder van die skool, Charldon Oats, as deel van die Leeus sewes C-span gekies. Hy het vir dié span tydens ‘n toernooi op 17 en 18 September op die veld gedraf. “Charldon is ‘n vurige losskakel wat menigmaal sy teenstanders in die stof laat byt het. Laerskool Fochville is super trots op Charldon,” sê Pretorius.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button