MEYERTON. – Die skool se hoof mnr. Rossie Briers en lede van die skool se beheerliggaam is glo vanoggend deur om die meisie by die Baragwanath Chris Hani-hospitaal in Soweto te te gaan besoek waar sy tans aansterk.
Briers het laat weet: “(Die) hospitaal het ons laat weet sy is wakker. (Sy is in) baie pyn maar gelukkig stabiel. (Sy is) nog nie uit gevaar nie.”
Die voorval het glo kort ná 11:00 gebeur toe meeste van die kinders wat toetse by die skool geskryf het reeds huistoe is.
Sy het glo ook haar tong raakgebyt en haar regtergewrig beseer.
Volgens Hattingh was ‘n noodhulpbeampte van mening dat al die werwels in plek was.
Sy het gekla oor pyn in haar pelvis en heuppotjie.
André Coetzee, ‘n helikoptervlieënier en oudleerling van die skool het gehelp om die 14-jarige per helikopter na die hospitaal te vervoer.
Die meisie woon by ‘n plaaslike kinderhuis.
Volgens Hattingh is ‘n gebedsgroep gevorm om vir die meisie te bid.
Dokkie wat van gebou af spring stabiel maar in baie pyn – Vaalweekblad