NewsNews

Meisie (14) spring glo van skoolgebou af om eie lewe te probeer neem

Meisie (14) spring glo van skoolgebou af om eie lewe te probeer neem

‘n Graad 8-leerling van Hoërskool Dr. Malan in Meyerton het kop en heupbeserings opgedoen nadat sy glo van die tweede verdieping van ‘n skoolgebou af gespring het in ‘n poging om haar eie lewe te neem.

Skoolhoof Rossie Briers het bevestig dat die kind Donderdagmiddag per helikopter na die Baragwanath Chris Hani Hospitaal in Soweto geneem is.

Wessel Hattingh, voorsitter van die skool se beheerliggaam sê André Coetzee, ‘n helikoptervlieënier en oudleerling van die skool het gehelp om die 14-jarige meise per helikopter na die hospitaal te neem waar sy tans behandel word.

Sy is glo in ‘n stabiele toestand. Die meisie woon in ‘n plaaslike kinderhuis.

Volgens Briers is dit eksamentyd by die skool.

Baie kinders leer by die huis en kom slegs in om te skryf.

Die voorval het glo net ná 11:00 gebeur.

Daar was net ‘n paar omstanders wat dit sien gebeur het.

Berading word glo aan geaffekteerde leerders gebied.

André Coetzee, ‘n helikoptervlieënier en oudleerling van die skool het die kind per helikopter na ‘n hospitaal in Johannesburg gevlieg. Op die foto is die helikopter op dokkies se sportveld. Foto: Verskaf

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Meisie (14) spring glo van skoolgebou af om eie lewe te probeer neem – Vaalweekblad

Related Articles

Back to top button