NewsNewsSportSport

Twyfel bestaan steeds of jeugweke voortgaan

Daar is groeiende kommer in skolerugbykringe dat die nasionale jeugweke nie vanjaar gaan plaasvind nie. Dié weke is geskeduleer om gedurende die Oktober-skoolvakansie plaas te vind. Die Cravenweek is veronderstel om by die Hoërskool Monument plaas te vind, terwyl die Grant Khomoweek in ‘n kustelike en binnelandse toernooi opgedeel word. Die Valke Hoërskole-rugbyvereniging …

Daar is groeiende kommer in skolerugbykringe dat die nasionale jeugweke nie vanjaar gaan plaasvind nie. Dié weke is geskeduleer om gedurende die Oktober-skoolvakansie plaas te vind. Die Cravenweek is veronderstel om by die Hoërskool Monument plaas te vind, terwyl die Grant Khomoweek in ‘n kustelike en binnelandse toernooi opgedeel word.

Die Valke Hoërskole-rugbyvereniging is die gasheer van die binnelandse toernooi wat by die Volkskool Heidelberg aangebied word. Die Doom Gouws-week word ook by Volkies aangebied. Na wat verneem word is die Boland en Sharks se proewe glo vroeër vandag gekanselleer. Dit versterk die vermoede dat die departement van onderwys gaan voortgaan om die Oktober-skoolvakansie te kanselleer. Verskeie ander toernooie sal dan ook in die slag bly.

Twyfel bestaan steeds of jeugweke voortgaan | Vaalweekblad

Related Articles

Back to top button