In Februarie vanjaar is ‘n ma van twee met kolonkanker gediagnoseer.
Kort nadat Jolande van Greuning (38) ‘n operasie ondergaan het wat 15cm van haar kolon verwyder het, het sy die slegte nuus ontvang dat die kanker na haar lewer versprei het. Alhoewel hoop in die vorm van immunoterapie gekom het, het Jolande ‘n verdere terugslag beleef. Dié behandeling wat saam met chemoterapie elke drie weke herhaal moet word, word nie deur hulle mediese fonds gedek nie.
Sy en haar gesin is met twee keuses gelaat, of hulle sou die ongeveer R45 000 per maand op ‘n manier moet insamel of hulle sou moes vrede maak met die feit dat haar seuns (10 en 13 jaar) haar stadig sal moet sien sterf.
Haar gesin, vriende en uitgebreide familie, het besluit om saam met haar te veg. Hulle beoog om R500 000 in te samel ten einde medies eonkostes te dek en vir Jolandé die geleentheid te gee om deel van haar gesin se lewe te wees.
Verskeie fondsinsamelingsprojekte is reeds geloods. Alle inligting rondom hierdie projekte kan op die Jolande van Greuning Ondersteuners Groep op Facebook gesien word. Enige bydrae kan in die onderstaande bankrekening gemaak word.
J. van Greuning
FNB
Current account
62906976529
Klerksdorp ma veg voort teen kanker | Potchefstroom Herald