Hy het die eerste paar dae ‘n voerplek gemaak want die visse was maar skaam, maar daarna het sy geluk gedraai en die karpe het begin hoek vat. Hy het vier sulke prag-karpe van oor die 14kg in drie dae (meestal in die aand) gevang.
Hoewel Johann baie in sy skik was, was dit egter nie ‘n vreemde gesig vir hom nie. Hy is al jare ‘n spesie-hengelaar en trek gereeld dié grootte karpe uit.
Sasolburg se Johann spog met reuse vangs | Vaalweekblad