NewsNews

Covid-19 gehad? Hoe nou met inenting

By baie mense is daar onsekerheid oor hoe gemaak met inenting as jy Covid-19 gehad het? Hoe lank moet jy wag en kan jy steeds die vaksine ontvang? Volgens die departement van gesondheid moet jy minstens 30 dae wag vanaf die dag wat jy positief getoets het vir Covid-19, tot die dag wat jy …

By baie mense is daar onsekerheid oor hoe gemaak met inenting as jy Covid-19 gehad het?

Hoe lank moet jy wag en kan jy steeds die vaksine ontvang?

Volgens die departement van gesondheid moet jy minstens 30 dae wag vanaf die dag wat jy positief getoets het vir Covid-19, tot die dag wat jy jou eerste Pfizer vaksien-dosis ontvang.

Maar wat as jy Covid-19 sou kry na jou eerste dosis maar voor jou tweede dosering?

Dit is dan raadsaam om die periode tussen die eerste en tweede vaksien dosering te verleng sodat die 30 dae wagperiode vir wanneer jy Covid-19 gehad het, in berekening gebring kan word. Dit beteken dat jy jou tweede dosering bes moontlik na die Departement van Gesondheid se voorgestelde 42 dae tussen die twee doserings sal ontvang. Dieselfde reël geld ook vir die Johnson & Johnson inenting vir wanneer jy Covid-19 sou kry. Wag 30 dae nadat jy positief getotets het voordat jy gaan vir inenting.

Hoe dan gemaak as jy kontak gehad het met iemand wat positief getoets het vir Covid-19, maar nie self positief getoets het nie?

As jy in direkte kontak was met iemand wat positief getoets het, wag asseblief vir die voorgestelde 10 dae kwarantyn periode. Monitor in hierdie tyd jouself vir enige simptome en as jy simptome het laat toets jouself. Onthou ook dat jyself ook mense kan aansteek sou jy self simptome toon nie en daarom is dit belangrik dat as jy kontak gehad het met iemand wat positief toets, jy sal isoleer vir 10 dae. Onthou die vaksine waarborg nie dat jy nie Covid-19 sal kry nie. Die vaksine is daar om die risiko te verminder dat jy ernstig siek word sou jy Covid-19 kry. Dit is veral van belang by mense in hoër ouderdomsgroepe en mense met onderliggende siektetoestande. Jy moet egter onthou dat selfs al het jy die vaksine ontvang, is dit uiters belangrik dat jy jouself steeds sal beskerm deur die dra van ‘n masker, sosisale afstand te handhaaf en jou hande gereeld te was en te saniteer.

Mense 35 jaar en ouer kan van vandag af ook registreer vir vaksinering. 

Covid-19 gehad? Hoe nou met inenting | Parys Gazette

Related Articles

Back to top button