NewsNews

‘n Nuwe fontein in die middel van die Vaalrivier?

Wie kan hierdie fenomeen verklaar?

‘n Video wat wys hoe ‘n fontein hoog uitspring in die middel van die Vaalrivier tussen Vanderbijlpark en Sasolburg naby die ou Stywe Lyne (nou die Willows-ontwikkeling), doen vandag (2 Julie 2021) die rondte op WhatsApp en Telegram. Dit lyk kompleet soos ‘n fontein wat hier meters bo die rivier uitspuit. Weet iemand dalk wat dit is? Vaalweekblad weet dat daar in die ou dae ‘n stuk of ses fonteine in hierdie Vaalrivier-omgewing was, maar dit het onder water gekom nadat die Vaaldam gebou is en meer water in die Vaalrivier vrygelaat is. Die “Wonderfontein”-gebied in die Sasolburgdistrik dra tot vandag toe die naam van een van die fonteine waar mense plus-minus 100 jaar gelede gereeld in die kruidbaddens kom sit het om van rumatiek ontslae te raak. Ons weet nog nie wat nou hier aangaan nie. Dalk is dit ‘n natuurlike fontein wat opnuut ontspring het, of dalk is dit ‘n gaspypleiding wat lek. Vaalweekblad is in die proses om inligting in te samel en sal verslag doen sodra ons weet wat dit is. As iemand meer inligting het, kontak Vaalweekblad asseblief by 083 246 0523.

   https://vaalweekblad.com/100037/brekende-nuus-n-nuwe-fontein-in-die-middel-van-die-vaalrivier/?fbclid=IwAR0D3aByRINzxUPeryRzg7p0GJZ_eIsxg6SYswsJ67Vp1ACKA6uriWWDtg4

Related Articles

Back to top button