NewsNews

Grafte uit Voortrekkertyd lê nou op Vaaldam se bodem

Baie van dié omgewing se eerste inwoners se grafte lê vandag in die Vaaldam en wanneer die watervlak baie daal, is daardie grafte weer te sien.

DENEYSVILLE. – Het jy geweet dat die eerste Voortrekkers omstreeks 1836 vir ‘n tyd lank kom uitspan het waar die Vaaldam vandag lê? Selfs Louis Trichardt se trek het ‘n ruk lank hier kom vertoef voordat hulle verder getrek het. Deur die opvolgende jare het verskeie Voortrekkergesinne hulle in die gebied waar Deneysville en Oranjeville vandag lê, kom tuismaak.
Baie van die eerste inwoners se grafte lê vandag in die Vaaldam en wanneer die watervlak baie daal, is daardie grafte weer te sien.
Lees meer oor dié geskiedenis en die ontstaan van die Vaaldam in Vaalweekblad se 55 Jaar Herdenkingsboek, Legendes en Ellendes uit die Vaal.
Die boek kos R350 en sluit BTW en aflewering in Vaaldriehoekse dorpsgebiede in. Dit kan ook na ander dorpe gepos word.
Om te bestel, stuur ‘n SMS of WhatsApp aan Retha by 083 246 0523, of stuur ‘n e-pos na rfichat@media24.com.

Nog grafte wat sigbaar raak wanneer die damvlak onder 26% daal.
Dié foto dateer uit 1976 maar die dame op die foto is onbekend.
‘n Besoeker aan die Vaaldam, Antonio Bond, hurk in 2016 by van die ou Boere-grafte wat gedurende daardie jaar se droogte en lae damvlakke weer sigbaar was.

Grafte uit Voortrekkertyd lê nou op Vaaldam se bodem

Related Articles

Back to top button