EntertainmentNewsNews

Juan Boucher deel sy troudag in pragtige musiekvideo

Die sanger Juan Boucher en sy Shamodene deel spesiale oomblike van hulle groot dag in nuwe musiekvideo!

Juan Boucher het beslis geen bekendstelling nodig nie. Hierdie bekroonde sanger met sy growwe stem, lekkerluister-lirieke en ritmiese musiek, het oor die jare diep in sy ondersteuners se harte kom inkruip.

Nou stel hy ‘n splinternuwe musiekvideo bekend. En hierdie is nie sommer net ‘n gewone video nie. Dit is ‘n video van hom en sy vrou, Shamodene, se troue!

“Ons het op 24 Maart 2021 in Nylstroom (Modimolle) by die Kutaba Bush Lodge getrou. Ek het die liedjie TROU ook vir haar op ons troue gesing,” vertel Juan.

Die video is ‘n samestelling van die gebeure van die twee se spesiale dag. Wanneer daar vir hulle gevra word wat vir hulle spesiaal was op die dag en wat hul aan mekaar beloof het, sê hulle die volgende: “Juan: Ek trou met jou vandag vir altyd, my fondament bedrywigheid. Shamodene: My man, ek sal jou liefhê vir ewig en jy bestaan in my soos jy in my toekoms gestaan het.”

Die video is deur Quintin Jansen van Rensburg (Q-man) van Quin Media vervaardig.

Kyk die video hier: https://youtu.be/FNki5wUBTm0

SOSIALE MEDIA SKAKELS:

JUAN BOUCHER

Facebookhttps://www.facebook.com/juanboucherpage/

Twitter: @juanboucher007

Instagram: @juanbouchersa

Related Articles

Back to top button