NewsNewsSportSport

Covid gevalle by Luiperds kniehalter beplande oefenwedstryde

Eugene Fourie, die hoof uitvoerende beampte van die Luiperds Rugbyunie, het die voorvalle bevestig en noem dat die unie voorkomend opgetree het en vir eers alle vriendskaplike wedstryde afgelas het.

Twee positiewe Covid-19 gevalle het die Luiperds Rugbyunie se beplande voorseisoenwedstryd teen die Cheetahs hierdie Saterdag in die wiele gery.

Die Cheetahs sou in Potchefstroom oefen hierdie week voordat hulle in ‘n vriendskaplike stryd sou speel ter voorbereiding van die opkomende Curriebeker. Eugene Fourie, die hoof uitvoerende beampte van die Luiperds Rugbyunie, het die voorvalle bevestig en noem dat die unie voorkomend opgetree het en vir eers alle vriendskaplike wedstryde afgelas het.

Volgens hom was die twee positiewe spelers nie in kontak met die res van die span nie.

“Ons wil nie ons en ander spanne onder risiko plaas nie aangesien ons almal se kompetisies die 19de Junie begin. Ons toets egter eerskomende Maandag weer ons spelers en as almal dan skoon is sal ons wel voortgaan met ‘n vriendskaplike wedstryd teen die Griekwas op Vrydag, 11 Junie in Kimberley,” noem Fourie.

“Dit sal die enigste kans wees vir André Pretorius om sy manne voor te berei vir die komende 1ste Divisie reeks. Ons is hoopvol om die voorseisoen op ‘n goeie noot af te sluit,” voeg hy by.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button