NewsNews

Baie pret by Carletonville DBV-dag by Rysmierbult

Baie pret by Carletonville DBV-dag by Rysmierbult

Meer as 70 stappers en drawwers het gister aan ‘n fondinsamelingsdag vir die Carletonville Dierebeskermingsvereniging (DBV) deelgeneem. Die pretstap en -draf is by Diggers-inn gehou en deelenemers ko nook met hul honde op leibrande stap. Deelnemers kon tussen 5 km of 10 km afstande kies. Hoewel dit met die wegspring net na 08:00 maar lekker koud was, het die oefening gou almal warm gehad. Die roetes het deelnemers oor die Mooirivier tot by die De Beerskraalpad en terug na Diggers-In geneem. ‘n Verskeidenheid goed gemanierde woefe het die roete saam met hul eienaars voltooi.

Deelnemers het kort na die wegspring begin warm word.

 

Related Articles

Back to top button