NewsNewsSportSport

Jong ruiter wys ander hóé

'n Jong ruiter van Carletonville het die afgelope week op die voorblad van ‘n nasionale dagblad gepryk nadat sy uitstekend tydens ‘n groot nasionale kompetisie presteer het.

Die sesjarige Hannah-Mari van Wyk het van 17 tot 22 Mei aan die Suid-Afrikaanse Saalperdkampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem. Klein Hannah-Mari, ‘n graad R-leerling aan Laerskool Dagbreek, het haar nie deur die feit dat sy die jongste deelnemer in al haar klasse was laat intimideer nie en het verskeie plekke ingepalm. Sy het op Cappucino ‘n eerste plek in die o.8 stap-draf ruiterkunsklas gewen en ook die sesde plek in die stap-draf perdeklas. Hannah-Mari het ook op die vosperd Believer die tweede plek in die o.8 stap-draf plesierperd ruiterkunsklas, sowel as die derde plek in die o.8 stap-draf plesierperd perdeklas gewen. “Hannah-Mari word deur Johnny Nkhokho van El Shaddai Stalle en Dalene de Beer van Casino Stalle afgerig. De Beer sê Hannah is ‘n klein yster en maak haar soms bang. Johnny Nkhoko sê Hannah het ‘n groot hart en gaan nog baie ver kom met die perde,” vertel haar ma, Joriana Burger. Dit was die eerste keer dat een van die perde wat deur Nkhokho afgerig word, aan die nasionale kampioenskap deelneem.

Hannah-Mari het ‘n eerste plek op Cappucino ingepalm. Foto: Elpita Photo

Related Articles

Back to top button