Die bekende akteur Ben Kruger, ook bekend as Okkie in die TV-sepie Binnelandsers, het gisteraand (25 Mei 2021) aan Covid-verwante gevolge gesterf.
Kruger het in sy akteursloopbaan van meer as 40 jaar diep spore op TV en op die land se verhoë getrap.
Baie lesers sal hom onthou as Neef Gert in die SABC-televisiereeks, 7de Laan. Hy was ook bekend vir sy rol in Snake Island.
Hy het vroeër jare ook in reekse soos Riemvasmaak, The Game en Skooldae gespeel.
Wyle Kruger het twee maande gelede, op 25 Maart, 64 jaar oud geword. Hy het die afgelope jare in Pretoria gewoon.