NewsNews

Plaasaanvallers steeds op vrye voet

Die drie mans wat gisteraand ‘n egpaar en hul seun op ‘n plaas in die Fochville omgewing aangeval het, is steeds op vrye voet.

Mnr. Gerrie Brits, sy vrou Susan en hulle seun het omstreeks 19:00 van die dorp af op hul plaas in die Elandsfontein-omgewing Wes van Fochville teruggekeer.

Drie aanvallers het hul egter ingewag en oorval. Die rowers het aangedring dat hulle die kluis moet oopsluit en mnr. Brits met ‘n voorwerp teen die kant van sy kop geslaan.

Hulle het ‘n haelgeweer en twee handwapens gegryp en ook ‘n skootrekenaar, twee selfone en kontant gegryp en dit in die gesin se wit dubbelkajuit Ford Ranger bakkie gelaai en weggejaag.

Die polisie, lede van die veediefstal-inligtingseenheid en ander helpers het dadelik na die aanvallers begin soek. Die bakkie is ongeveer ‘n uur later velate in Kokosi gevind.

Die verdagtes is egter steeds op vrye voet met die res van hul buit.

Related Articles

Back to top button