NewsNews

Man ernstig beseer toe sy trekker met ‘n voertuig bots

‘n Jong man (in sy twintigs) is gister (6 Mei) ernstig beseer toe ‘n ligte voertuig met sy trekker op die R501 gebots het. Die ongeluk het ongeveer 10km buite Potchefstroom plaasgevind.

‘n Jong man (in sy twintigs) is gister (6 Mei) ernstig beseer toe ‘n ligte voertuig met sy trekker op die R501 gebots het. Die ongeluk het ongeveer 10km buite Potchefstroom plaasgevind.

Volgens die mediawoordvoerder van ER24, Russel Meiring, was paramedici 13:55 op die toneel waar hulle die trekker en sleepwa langs die pad gevind het. Die motor was in die die linkerbaan.

Volgens Meiring het die trekkerbestuurder naby sy voertuig gelê. Hy het verskeie beserings opgedoen en was in ‘n ernstige toestand. Hy is behandel en het pynmedikasie ontvang voordat hy Mediclinic Potchefstroom toe vervoer is.

Die polisie het die toneel verder ondersoek.

Related Articles

Back to top button