NewsNews

KYK: ‘Ons steek nie park aan die brand nie! Ons brand net koperdraad!’

Twee mans wat Donderdagmiddag droeë gras aan die brand gesteek het, het dit glo gedoen om die plastiekomhulsel van koperdraad af te brand.

VEREENIGING. – Die Herald se susterskoerant Vaalweekblad het gaan ondersoek instel oor die oorsaak van geheimsinnige brande wat nou al vir weke lank by parkgebiede langs die rivier opvlam en die twee mans aangetref by ‘n vuur wat hulle gemaak het.

Inwoners kla oor velde wat aanmekaar aan die brand gesteek word en dik rookwolke wat hulle na hul asem laat snak.

Angelo Knowles (met die hoed) en sy vriend in die park waar hulle koperdraad gebrand het. Foto: Christiaan Cloete

Angelo Knowles, een van die mans, het verduidelik dat hulle bloot koperdraad gebrand het om van die plastiekomhulsel ontslae te raak en dat hulle bedoeling nie was om die hele park aan die brand te steek nie.

Angelo Knowles se vriend met hamer in die hand terwyl die koperdraad brand. Foto: Christiaan Cloete

Angelo het die vuur met ‘n 2 liter Coke-bottel geblus nadat hy gesien het hulle word dopgehou.

Angelo-hulle het darem die vuur met ‘n 2 liter Coke-bottel met water in geblus. Foto: Christiaan Cloete
Die stukkie gras waar Angelo en sy vriend die koperdraad gebrand het. Foto: Christiaan Cloete

Hulle het die toneel kort daarna verlaat.

Raadsheer Phil Pretorius van Wyk 14 van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit het vroeër vandeesweek gewaarsku dat dit as brandstigting beskou word om ‘n veld of vleiland aan die brand te steek en dat dit strafbare oortreding is.

Om velde en vleilande aan die brand te steek is ‘n strafbare oortreding. Foto: Verskaf

“Veldbrande kan lewens eis, eiendom vernietig en beskermde fauna doodmaak,” waarsku hy.

Die waarskuwing volg nadat ‘n vleiland wat die Vlei-uil (Asio capensis) huisves onlangs gebrand het.

Hy het ‘n beroep op mense in die Midvaal-omgewing gedoen om die Midvaal-brandweer by (016) 360 7500 te skakel om brande aan te meld.

KYK: ‘Ons steek nie park aan die brand nie! Ons brand net koperdraad!’

Related Articles

Back to top button