Sharon Dunn, ‘n inwoner van die dienslaan langs Blackwoodstraat in Vereeniging, was laatmiddag in haar tuin, op pad om haar tuinhekkie vir die aand toe te maak.
Haar man, Geoffrey, was binne die huis op pad om na ‘n lang dag ‘n blikkie bier oop te maak toe hy meteens ‘n harde geluid van binne die huis hoor.
Sharon is glo gering beseer toe ‘n tak geval het. Die vragmotor, wat op sy sy te land gekom het, het glo teen ‘n boom in Dunn en sy vrou se erf tot stilstand gekom en toe aan die brand geslaan.
Daar word beweer dat die vragmotor en ‘n ligte voertuig oomblikke vantevore in ‘n botsing reg van voor in Blackwoodstraat betrokke was.
Blykbaar het die swaargelaaide vragmotor vir die ligte voertuig uitgeswaai en daarna in die erf beland.
KwaMhlanga is die maatskappy wat tans herstelwerk aan Blackwoodstraat doen.
Die pad is tans onder konstruksie een van die bane is toegemaak.
Dit verklaar moontlik hoe die voertuie van voor af met mekaar kon gebots het. Sharon het slegs geringe beserings opgedoen.
Sy is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling.
Die vragmotorbestuurder is ook beseer maar blykbaar gering.
Die bestuurder van die ligter voertuig het glo ernstiger beserings opgedoen en is na die Sedibeng-hospitaal geneem vir behandeling.
Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:
Vragmotor bots met motorvoertuig, beland in erf, slaan aan die brand