EntertainmentNewsNews
Só moet verjaardae en huweliksherdenkings mos gevier word!
Hele famillie en vriendekring neem deel aan hengelnaweek
Die streng inperking van verlede jaar het baie Vaaldriehoekse hengelaars met lang gesigte na die viswaters laat verlang.
Gelukkig is dié ontspannende tydverdryf in die huidige inperkingsvlak toelaatbaar en heelwat hengelaars word weer naweke langs die Vaaldam en Vaalrivier gesien. Met twee verjaarsdae en twee huweliksherdenkings in haar familie- en vriendekring, het Tanja Smith van Vanderbijlpark onlangs ‘n behoorlike viering daarvan gemaak en almal genooi om saam-saam in die Vaalrivier by Orkney te gaan hengel.
Verskeie lede van dié gesellige groep is gesoute vistermanne wat op klubvlak hengel, en baie van hulle het gedurende die naweekuitstappie groot barbers en karpe kant toe gebring. Altesaam 163 visse is gevang en almal is weer in die water vrygelaat.
Tanja en haar groep bedank graag AR Diagnostics en River Meat Deli vir hul borgskap van die pretnaweek.