Inwoners se frustrasie oor die kragsituasie in Peacehaven het in verkeersvloeiprobleme omgesit toe inwoners besluit het om Golfweg en Generaal Hertzogweg gelyktydig tydens spitsverkeer te versper met brandende bande, takke en gebreekte bottels.
Dit is blykbaar die 11de dag sonder krag in die buurt.
Dit volg nadat ‘n transformator ontplof en ‘n substasie afgebrand het.
Terwyl die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit nog nie antwoorde kon gee van hoe lank dit gaan vat om die kragtoevoer te herstel nie, blyk dit of meer protesoptrede en verkeersprobleme Vereeniging se voorland is vir die volgende paar dae.
KYK: Motoriste moet omdraai weens padversperrings.
KYK: Protesoptrede in Peacehaven veroorsaak verkeersvloeiprobleme in Vereeniging:
https://vaalweekblad.com/90708/protesoptrede-in-peacehaven-veroorsaak-verkeersvloeiprobleme-in-vereeniging/