NewsNews

Gewapende rowers sak toe op bejaarde egpaar

Gewapende rowers het ‘n bejaarde egpaar van Bailliepark in Potchefstroom Donderdagaand (25 Maart) omstreeks 22:00 in hulle huis oorval en beroof.

Gewapende rowers het ‘n bejaarde egpaar van Bailliepark Donderdagaand (25 Maart) omstreeks 22:00 in hulle huis oorval en beroof.

Volgens kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder in die Noordwes, was die man (73) en sy vrou besig om televisie te kyk toe die rowers toegang tot die huis verkry het. Volgens die polisie het die rowers die egpaar met vuurwapens gedreig en die man vasgebind.

Hulle het die huis deursoek en daarin geslaag om die kluis oop te kry. Kapt. Botma sê dat die rowers toe ‘n vuurwapen, kontant, twee horlosies en alkohol uit die huis gesteel en op die vlug geslaan het.

Nadat die aanvallers weg is, kon een van die slagoffers daarin slaag om die alarm se paniekknoppie te druk. ‘n Saak van huisroof is geopen en niemand is sover gearresteer nie.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig: https://potchefstroomherald.co.za/85176/gewapende-rowers-sak-toe-op-bejaarde-egpaar-in-bailliepark/?fbclid=IwAR28lRSWp0fhL_TBGjzYS3wqjMd9ym0X36ZeB6xOGAsCvzSLosHMX5FDTWY

Related Articles

Back to top button