NewsNews

25 Maart: Merafong se nuwe coronavirusgetalle begin weer styg

Volgens die Gauteng Departement van Gesondheid het ons area die afgelope dag die meeste nuwe gevalle in die Wesrand gehad.

Altesaam 11 inwoners het die afgelope dag positief vir die coronavirus getoets, wat die ons totale getal infeksies op 4 849 te staan bring.

Van hulle het 4 568 al van die siekte herstel terwyl 182 aan Covid-19 dood is. Een van dié pasiënte is die afgelope dag oorlede. In Mogale City (die Krugersdorp-gebied) is daar nou 12 407 gevalle, waarvan 11 978 al van die siekte herstel het en 372 oorlede is.

Daar was vier nuwe gevalle sedert gister aangemeld. Intussen is daar ook nou 6 870 mense wat positief getoets het in Rand West City (die Randfontein en Westonaria-gebied).

Van hulle het 6 6 12 al herstel en 223 is dood. Daar was drie nuwe gevalle die afgelope dag  aangemeld.

Related Articles

Back to top button