NewsNewsSportSport

Carletonville se vegters dring deur

Lede van die XKT skopboksklub in Carletonville het onlangs weer gewys dat hulle vir niemand hoef terug te staan nie.

Volgens die groep se afrigter, sensei Chimmy van Winkel, het hulle op 14 Maart aan gemengde gevegskuns (ook bekend as “mixed martial arts” of MMA) proewe by die Alberton Stoeiklub deelgeneem.

Hier het hulle teen vegters van regoor die provinsie te staan gekom. Elke klublid moes hul staal tydens verskeie gevegte wys om vir ‘n plek in die Gauteng-span te kwalifiseer.

Deelnemers van 12 tot 17 jaar het in die jeug-afdeling meegeding, dié van 18 tot 21 jaar in die junior-afdeling en dié van 21 jaar en ouer in die senior-afdeling.

“Vorige jare het die onderskeie gebiede in Gauteng elk hul eie proewe gehou, wat dan teen mekaar vir plekke in die Gauteng-span meegeding het. “Weens Covid-19 is daar nou net een groot byeenkoms gehou.

“Daar mag ook geen toeskouers gewees het nie,” sê Van Winkel.

Al die vegters van Carletonville wat aan die proewe deelgeneem het, is vir die Gauteng-span gekies.

Hulle gaan van 8 tot 11 April aan die nasionale kampioenskap in Edenvale deelneem.

Related Articles

Back to top button