NewsNews

750 Lewens, 250 eenhede

750 Lewens, 250 eenhede

Elke twee sekondes van elke dag het iemand iewers in die land bloed nodig. Bloed waarmee ‘n lewe gered kan word.

Met die 250 eenhede bloed wat sakeman Adrie van den Bergh van Parys oor die afgelope 56 jaar geskenk het, het hy reeds ‘n verskil in bykans 750 pasiënte se lewens gemaak. Vir Adrie het dit alles begin met die besluit van ‘n groep orkeslede op ‘n dag om te gaan bloed skenk. Na daardie eerste skenking het hy geweet dat hy moes aanhou, want op hierdie manier kon hy ander in nood help.

Hoewel hy nog nooit voorheen self ‘n bloedoortapping nodig gehad het nie, sê hy dis eenvoudig ‘n kopskuif wat jy moet maak – om aan te hou skenk. Net 30 minute van jou tyd, vier keer per jaar. Oor die jare was daar geleenthede wat hy weens omstandighede nie kon skenk nie, en as dit nie daarvoor was nie, was hy al by die 350 eenhede kerf, sê hy.

● Om bloed te skenk moet jy tussen 16 en 75 jaar oud wees

● Minstens 50kg weeg

● Goeie gesondheid geniet

● ‘n Veilige leefstyl handhaaf

● Daartoe verbind wees om gereeld bloed te skenk. Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig: https://parysgazette.co.za/49553/750-lewens-250-eenhede/?fbclid=IwAR2nzIgqNGSLbGQK6-dyN5HpEeJUPLKAGahJOdw63Ak7Ty9TB1binTSgfVQ

Related Articles

Back to top button