Die inwoners kan die langnaweek met krag ingaan nadat hul kragtoevoer weer herstel is.
Die Herald se susterkoerant Vaalweekblad het berig dat die inwoners met uitsetting gedreig is en dat hul hul kragtoevoer Donderdagaand (18 Maart) afgesny is.
“Na samesprekings tussen die eienaar en die bestuur het ons besluit om die krag weer aan te skakel,” het hy laat weet.
Volgens Hadders het die ontwikkelaar (SEDCOM) gesê hy sal aanspreeklikheid aanvaar.
Die storie het ‘n opskudding veroorsaak met talle mense wat hul mening op sosiale media gelug het.
Hadders het gister gesê dat die gebou reeds onveilig verklaar is deur die munisipaliteit en dat die oues wat weier om te trek hul lewens in gevaar stel deur daar te bly.
Hy het gesê dat die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit die hele Fase 3 van die Drie Riviere Aftreoord sal afskakel – nie net Wag-‘n-Bietjie Hof-kamers nie – indien Drie Riviere Aftreeoord nie die krag afgeskakel nie.
“Wat nou gebeur is in Emfuleni se hande,” het hy laat weet.
Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig: