NewsNews

ArcelorMittal-hoof vermoor

ArcelorMittal-hoof, mnr. Peet Snyders, (hoof van ArcelorMittal Suid-Afrika Coke-aanleg), vermoor.

ArcelorMittal het in ‘n mediaverklaring sy innige simpatie aan Snyders se familie oorgedra en gesê dat daar nog baie onduidelikheid is rakende die moord, maar dat die maatskappy sy volle samewerking sal gee om toe te sien dat die skuldiges aangekeer word en geregtigheid geskied. Snyders (47) word oorleef deur sy vrou en twee kinders.

Kobus Verster, Uitvoerende Bestuurder (Chief Executive Officer) van ArcelorMittal het in ‘n mediaverklaring gesê dat Snyders op pad huistoe was na werk, toe hy by die Delfos- en Hertz Boulevard-kruising dood geskiet is. Volgens Polisiewoordvoerder Brigadier Mathapelo Peters is daar tot dusver vasgestel dat vier mans met wit balaklavas oor hul gesigte, vanuit ‘n groen motor (registrasienommer onbekend), op Snyders losgebrand en hom noodlottig gewond het. Hy het op die toneel gesterf.

  • Daar word versoek at enigiemand met inligting rakende die moord die SAPD se naaste polisiekantore sal kontak. Daar kan ook van die Crime Stop nommer 08600 10111 of die MySAPS toep gebruik gemaak word indien iemand anoniem wil bly.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://vaalweekblad.com/88893/arcelormittal-hoof-vermoor/

Related Articles

Back to top button