NewsNewsSportSport

Smithathlons-atleet wys ander hóé

Smithathlons-atleet van Carletonville wys ander hóé

Hoewel atlete tot onlangs as gevolg van Covid-19 inperkings moes stilsit, het Mikayla Smith van die bekende Smithathons Atletiekklub die afgelope week gewys dat sy vanjaar reg is vir aksie.
Volgens dié klub van Carletonville se afrigter en Mikayla se ouma, Annatjie Smith, het dié jong atleet verlede Saterdag aan die Sentraal Noordwes interprovinsiale kampioenskappe in Potchefstroom deelgeneem.
Mikayla, wat maar net tien jaar oud is, het in die o.12 ouderdomsgroep deelgeneem. Sy moes die 80 m, wat sy in 12:40 sekondes moes hardloop, in 11:39 sekondes kafdraf. Die 100 m se kwalifiserende tyd was 14:20 sekondes, maar Mikayla het dit in net 13:80 sekondes voltooi.
Dié uitstekende tye het haar laat kwalifiseer om die naweek van 23 en 24 April aan die provinsiale kampioenskappe in Potchefstroom deel te neem. “Sy het die ander atlete gedomineer, maar het ongelooflik hard geoefen,” sê Smith.
Mikayla het reeds in Julie verlede jaar met oefening vir dié seisoen begin, maar het oor Desember ‘n blaaskans geneem toe sy saam met haar ma, die voormalige internasionale hoogspring-ster, Anika Smith, gaan ontspan het.
Mikayla is ‘n leerling van Laerskool Dagbreek.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button