NewsNews

Goeiste, dis ‘n groot tamatie!

Die gewigtige tamatie is in Vereeniging gepluk. Lees hier meer ...

Christien van Zyl (80) van Mimi Fourie Hof was verras toe hulle hierdie uitermatige groot tamatie oes.

Sy het die tamatieplantjies eers in potte gegroei en toe die plantjies groot genoeg was het haar vriendin, Rita, dit uitgeplant.

“Die manne het ons gehelp deur die bedding om te spit,” het sy in ‘n telefoniese onderhoud gesê.

Die tamaties begin nou stuk-stuk ryp word en die vriende geniet hul vars tamaties. Die ekstra groot een is op 18 Februarie gepluk en hulle het gevoel dit verdien om afgeneem te word.

“Dit wil amper lyk asof dit drie tamaties in een is,” het Christien verduidelik.

Hoe dit ook al sy, die ekstragroot tamatie gaan nou ingespan word vir tamatie- en uiesous.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Goeiste, dis ‘n groot tamatie!

Related Articles

Back to top button