ArcelorMittal bevestig ongeluk
12:44 ArcelorMittal het in ‘n mediaverklaring gesê dat ‘n gedeelte van ‘n 90 m stack by een van die coke batteries meegegee het op Woensdag, 17 Februarie. Dit het op die beheerkamer geval waar drie werknemers besig was. Die drie word steeds vermis.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie vasgestel nie, maar die maatskappy sal ‘n volledige ondersoek loods. Die eerste prioriteit is egter om die werkers te vind en na veiligheid te bring.
Die area is beveilig.
Die Nasionale Unie vir Metaalwerkers (NUMSA) het ook in ‘n persverklaring gesê dat hul baie bekommerd is oor drie werkers wat steeds vermis word na ‘n ontploffing by ArcelorMittal in Vanderbijlpark. Die ontploffing het om 02:00 op 17 Februarie 2021 plaasgevind. Volgens die persverklaring is die unie bekommerd dat die werkers onder die puin vasgeval is. Nooddienste is op die toneel en daar word gepoog om die werkers te vind en na veiligheid te bring sonder om nog ‘n ontploffing te veroorsaak. Die persverklaring dui ook aan dat die werkers se families reeds bygestaan word en berading ontvang.
Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:
https://vaalweekblad.com/86521/mittal-ongeluk-drie-steeds-vasgekeer/