NewsNews

Kyk video: Drie sluise by Vaaldam oop!

Die Departement van Water en Sanitasie het vanoggend twee sluise by die Vaaldam oopgemaak, en daar was heelwat toeskouers teenwoordig vir die oomblik.

Daar was eers net twee sluise oop, heelwat later is ‘n derde oopgemaak en daar kan waarskynklik nog ‘n vierde sluis oopgemaak word

Die stap is geneem weens ‘n sterk invloei vanuit die Bo-Vaal wat vinnig besig is om die Vaaldam te vul. Christiaan Cloete van die Herald se susterskoerant Vaalweekblad het die videos geneem.

Die sterk invloei van water en weervoorspellings wat nog reën voorspel het glo tot dié besluit bygedra. Die water wat nou deur die oop sluise woed is bestem vir die Bloemhofdam, en maak plek vir nog water wat na Vaaldam kan vloei.

Volgens die laaste syfers was die dam reeds meer as 103,5% vol en met die weerstelsel wat tans oor die Mosambiekse kanaal hang is daar die moontlikheid van meer reën.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Kyk video: Drie sluise by Vaaldam oop!

You can read the full story on our App. Download it here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button