NewsNews

Fochville begraafplaas lyk soos ‘n oerwoud

Die gras in Fochville se begraafplaas was die afgelope week só lank dat families al sukkel om hul geliefdes se grafte in dele van die begraafplaas te vind.

Teen Maandag het gras en bossies meer as ‘n meter hoog in die meer gevestigde dele van die begraafplaas oorkant Kokosi gestaan. Hoewel inwoners veronderstel is om self die gras rondom hul geliefdes se grafte in sekere dele van die begraafplaas kort te hou, is gedeeltes soos die helde-akker, wat deur die munisipalitet onderhou moet word, ook oorgroei. Intussen is daar ook nie meer enige toilette by die begraafplaas nie, aangesien die gebou wat dié geriewe gehuisves het, heeltemal ineengestort het. ‘n Inwoner wat onlangs ‘n geliefde in die begraafplaas ter ruste gelê het, het ook genoem dat van die rye grafte ook heeltemal skeef gegrawe word. Die Herald het die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit Dinsdagoggend oor die probleem uitgevra. “Die munisipaliteit is besig om die gras in begraafplase te sny,” het ‘n munisipale woordvoerder gesê. ‘n Raadslid van die dorp, mev Almé Rowles-Zwart, het ook op sosiale media bevestig dat die munisipaliteit wel dié dag in Fochville se begraafplase begin het om gras te sny.

Related Articles

Back to top button