NewsNews

Karwag met skroewedraaier toegetakel toe hy kardiefstal probeer keer

‘n 67-Jarige karwag is Vrydagmiddag met ‘n skroewedraaier toegetakel toe hy motordiewe in hul spore probeer stuit het.

‘n 67-Jarige karwag by die Checkers Hyper in Arcon Park is Vrydagmiddag met ‘n skroewedraaier toegetakel toe hy motordiewe in hul spore probeer stuit het.

Die karwag, Piet Swanepoel, vertel: “Dit was so 17:45, Daar was’n rooi voertuig wat in die parkeerterrein gestaan het. Ek het verbygeloop om ‘n kaartjie by ‘n ander kar op te tel en toe ek omdraai sien ek ‘n verdagte man wat in die rooi kar sit en dit aan die gang probeer kry.

“Ek het nader gehardloop en die man uit die kar gepluk. Dit was toe wat hy my met die skroewdraaier aangeval het.”

Volgens Swanepoel het die man vir sy hart gemik maar danksy ‘n vinnig refleksreaksie kon hy die aaanval afweer. Die skroewedraaier het in die proses sy arm oopgekloof.

Hy het gehoop dat dit die polisie kan help om die voertuig wat deur die verdagtes gebruik is makliker op te spoor.

Piet Swanepoel, ‘n karwag van Arcon Park, wys hoe motordiewe hom in sy bors gesteek het. Hy kon die aanval afweer deur met sy arm te keer. Foto: Christiaan Cloete

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Karwag met skroewedraaier toegetakel toe hy kardiefstal probeer keer

Related Articles

Back to top button