NewsNews

Nóg 30 uit Merafong toets postief vir coronavirus

Hoewel die Merafong City munisipale gebied huidiglik die laagste syfer van coronavirus-gevalle in die Wesrand het, bly die gevalle steeds styg.

Volgens die Gauteng department van gesondheid het 30 mense uit ons munisipale gebied gister positief vir die virus getoets. Dit bring die totaal van mense positief in ons gebied getoets het, nou op 3 447 te staan. Gelukkig is geen nuwe sterfgevalle uit Merafong aangemeld nie.

Die gevalle is egter besig om vinnig toe te neem in die ander munisipale areas wat deel is van die Wesrand.

Altesaam 128 nuwe gevalle is in Mogale City (die Krugersdorp-gebied) aangemeld terwyl 85 nuwe gevalle in die Rand West munisipale gebied (die Randfontein en Westonaria-gebied) aangemeld is.

Nege pasiënte is die afgelope dag in Mogale City aan Covid-19 oorlede terwyl twee in Rand West aan die siekte gesterf het.

Related Articles

Back to top button