BlogsNewsNewsOpinions

Uitstekende diens by Carletonville lisensiekantoor

Ek kom van Kempton Park af en was die oggend van 30 November by julle verkeersdepartement in Carletonville. Jy kan mos nou aanlyn boek, want jy kan nêrens anders inkom nie.

Na drie maande se gesukkel was Carletonville die enigste plek waar ek kon plek kry. Ek het die 120 km van Kempton Park af gery en omstreeks 06:20 daar gestop.
Hulle sê jy moet ‘n uur voor die tyd daar wees. Die sekuriteitsbeampte wat daar gewerk het sê toe vir my hy kan sien ek is nommer twee wat hier is. Daar gesit tot 08:00 en toe dié tyd kom, het hulle ons laat ingaan. Daar het intussen ‘n duisend karre agter ons gestop. Toe ek ingaan, staan daar al klaar ‘n klomp mense. Die sekuriteitsbeampte het my egter vorentoe gevat. Ek het gedink dit is unbelievable dat hy my kon onthou.
Almal dra maskers, doen hand sanitising en ons is toe na ‘n groot kamer waar hulle alles doen wat moet gebeur. Ons is omstreeks 08:10 in. Daar uit, is ons na teller nommer 6, 7 of 8 om te betaal. Ons was so teen 08:40 uit.
Ek wil net sê ek het lanklaas sulke goeie diens van ‘n staatsdepartement ontvang. Dit was georganiseerd en die mense was vriendelik – van die sekuriteitsbeampte by die hek tot die vrou wat my geld ontvang het.
Voor die tyd het ek hulle twee keer geskakel. Van al die verkeersdepartemente wat ek die drie maande gebel het, was Carletonville die enigste een wat twee keer hul telefone geantwoord het. Die meeste ander antwoord nie eers nie.
So ek voel net rerig iemand moet vir hulle sê dat wie die baas daar is en wat ook al hulle doen, hulle doen dit reg, want die res van die TLC’s in Gauteng kan by hulle leer.
Ander mense skryf reviews van long queues en people unfriendly. Dit klink egter of ek nie by dieselfde department was nie.
Ek het hulle op Hello Peter vyf sterre gegee, want ek kan nie iets sleg kry om te sê nie, regtig.
Mens ry so ver uit en ek het self my asem opgehou en gedink o hel, ek weet nie wat gaan hier gebeur nie, maar ek ry met plesier weer daarheen, want ek kan nie glo hul diens is so goed nie. Ek gee hulle tien uit vyf, never mind vyf uit vyf!

Related Articles

Back to top button